WIM VERMAAK MAAK ’N PLAN
Deur WILLIAM OOSTHUIZEN
Illustrasies: TONY ROSS
Human & Rousseau, R155*
Wim Vermaak se gr. 10-jaar is nou nie heeltemal ’n lied nie. Hy beland in ’n Shakespeare-toneelstuk, ’n ou in sy klas lê aan by Jenny, die meisie wat sý hart se punt is, sy tweelingsuster, Maddie, is soos altyd ’n pyn en hy kan nie soos gewoonlik staatmaak op sy ouma Hantie se hulp nie, want sy het muisneste.
Dis die tweede Wim Vermaak-boek deur William Oosthuizen, ’n prokureur van Kaapstad, en dis ook nie die laaste nie, want hy beplan ’n reeks. “Die manuskripte vir die derde en vierde boek is reeds in ’n gevorderde stadium,” vertel hy.
Hy wou nog altyd skryf. “Ná my debuut met ’n geskiedkundige roman vir volwassenes wou…
