SAPPIGE PLATHOENDER GEMARINEER IN ROOIBOS
GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 4 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 1 UUR
HOENDER
500 ml (2 k) sterk rooibostee, afgekoel1 ui, gekap2 knoffelhuisies, gekneus5 cm-stuk gemmer, geskil en fyngekap30 ml (2 e) sojasous15 ml (1 e) heuning of suiker1 heel hoenderolyfolie, vir smeersout, na smaak
SLAAI
2 groen mango’s, geskil en in dun stokkies gesny4 stingeluie, gekap’n hand vol koljanderblare, gekap1 brandrissie, fyngekap
Hou ’n bakplaat byderhand. Sit ’n noupassende draadrakkie op die bakplaat en bespuit met kossproei.
1 Hoender Meng die rooibostee, ui, knoffel, gemmer, sojasous en heuning of suiker saam in ’n diep marineerbak (die hoender moet daarin kan pas).
2 Knip die ruggraat van die hoender uit, druk plat met die palm van jou hand sodat die…