TWEE brode, ’n kropslaai, twee broodjies, ’n blokkie botter, twee bottels melk, sop, kaas, koekies, sjokolade, eiers, toiletpapier… Francis Lalane lees sy inkopielys uit.
Dis elfuur in die oggend. Die klein winkeltjie in die hart van Landais, ’n dorp in Dax in die suidweste van Frankryk, beleef die daaglikse stormloop rondom middagete. Inwoners kom tweetwee daar aan, vat ’n klein rooi trollie op die stoep en beweeg teen ’n bedaarde pas tussen die rakke rond.
“Ons maak beurte om die inkopies te doen,” sê Francis, en kry met selfvertroue koers yskas toe, met sy buurvrou, Véronique, op sleeptou. “Jy sien, ons het ons trollie, ons lys, en siedaar.”
Sonlig stroom in van die plein buite die winkel. Die dorp is stil afgesien van iemand wat in die restaurant langsaan sing…