SPOOKASEM op stokkies, raairaai-speletjies, handgemaakte kaartjies en juwele, lekkergoed, kleurvolle penne, boereworsrolle, pannekoek en kolwyntjies om elke hoek en draai… Jy is waarskynlik by die skool se markdag.
MAAK GELD OP MARKDAG
Aandag, alle jong entrepreneurs! Is jy gereed om die geld te laat inrol? Met die regte produk, op die regte plek, teen die regte prys, en met ’n bietjie slim publisiteit, kan jy die volgende Mark Zuckerberg, Matt Mullenweg of Maya Penn wees. Dié jong entrepreneurs was verantwoordelik vir die skepping van Facebook, WordPress en “slow fashion” (volhoubare mode in die modebedryf).
Elke jaar bied baie skole markdae aan om leerders die geleentheid te gee om eerstehandse ervaring in bemarking op te doen met behulp van die vier P’s: produk, prys, plek en promosie.
Markdae bied leerders die…