‘TRRR… lui die televisieskerm in die Babbelboomhuis.
Niemand hoor dit nie, want Paloeka die leeu, Palawa die kameelperd en hul vriendin Bibi is besig om musiek te maak.
Bibi speel kitaar, Palawa speel tromme en Paloeka het ’n mondfluitjie.
“Mooi, julle,” roep Bibi bo die musiek uit. “Dit klink wonderlik,” sê sy opgewonde.
Toe hulle ophou, vee Palawa oor haar voorkop.
“Sjoe, maar dis lekker,” sê sy. “Nou kort ons net ’n naam vir ons musiekgroep. Iets met skop,” sê sy. “Wat van Die Waslappe?”
“Wat van Die Pittige Perskes?” stel Bibi voor.
“Julle, ek dink ons het ’n videoboodskap gekry,” sê Paloeka en wys na die televisieskerm. “Ons moes dit gemis het toe ons so lekker musiek gemaak het.”
“O, aarde, kom ons luister sommer nou. Dan vat ons…