SY HET pas 65 geword – en ná ’n paar rowwe maande het MADONNA baie om te vier. Haar gesondheid is beter, sy is verlief, en sy is byna gereed om haar wêreldtoer te hervat.
Die sangeres het onlangs ’n groot verjaardagpartytjie in Lissabon, Portugal, gehou, wat deur al ses haar kinders – Lourdes (26), Rocco (23), David (17), Mercy (17) en die 11-jarige tweeling, Stella en Estere – bygewoon is. Haar nuwe kêrel, Joshua Popper, die 29-jarige boksafrigter wat sy vroeër vanjaar ontmoet het, was ook daar.
Die ster, wat in Junie in die hospitaal opgeneem is met ’n ernstige bakteriële infeksie en haar Celebration-wêreldtoer moes uitstel, het ’n triomfantelike video gedeel waarin sy jubel oor hoe “wonderlik dit is om te leef”.
“Hoe fantasties is dit om my…