◼ VLOEIBARE KOS Sop, bredies en pap het ’n neiging om weer in jou keelpyp te wil opborrel. Vervang met: Droë kos, soos aartappels, pasta of rys.
◼ KAFFEÏEN Dit kan die klep boaan jou maag laat ontspan sodat suur daarlangs opstoot.
Vervang met Kruietee en kaffeïenvrye drankies.
◼ ROU VRUGTE Veral sitrus het ’n baie hoë suurinhoud. Bessies en vrugte wat nog nie heeltemal ryp is nie, kan dinge ook ongemaklik maak.
Vervang met Gekookte vrugte, soos gestoofde pruime en gebakte appels.
◼ OLIERIGE KOS Olierige vis, soos sardiens en makriel, en bykosse soos mayonnaise, kan jou sooibrand gee.
Vervang met Minder olierige vis, soos stokvis of makriel, en olievrye souse.
◼ SPESERYE Vurige speserye, soos brandrissies en paprika, kan jou sooibrand gee.
Vervang met Geurige kruie, soos kruisement,…
