VIR Siya, wat sy hart uitsing én uitspeel.
Vir Cheslin, met die vlag om sy skouers en die blink in sy oë.
Vir Faf, wat ons laat lag, maar toe ná die eindfluitjie saam met ons huil.
Vir Deon, wat wys drome word tog waar.
Vir Bongi, met sy hart op sy mou.
Vir Manie, gemaak vir glorie.
Vir Pieter-Steph, bang vir niemand en niks.
Vir Handré, wat gekom het toe ons roep.
Vir ons brekers in die skrum.
Vir ons reuse in die lynstaan.
Vir ons muur in die middelveld.
Vir ons laaities van die Paarl: Kurt-Lee, Grant en Canan.
Vir Duane, ons Thor, en Kwagga, ons baljagter.
Vir Jesse, oral waar ons soek.
Vir Ox, ’cause salads don’t win scrums.
Vir Cobus, en nóg ’n driekuns.
Vir Willie,…
