SY VIND HAAR STEM
Shudufhadzo Musida, Mej. Suid-Afrika 2020, is as kind erg afgeknou toe sy na ’n nuwe provinsie verhuis het en ’n nuwe skool moes bywoon. Haar eerste kinderboek, Shudu vind haar sprankel, is twee jaar gelede gepubliseer en is deur dié afknouery geïnspireer. Die boek is in ses Suid-Afrikaanse tale, insluitend Afrikaans, beskikbaar.
Nou wil sy kinders help om hul eie stem te vind. Die skoonheidskoningin se tweede kinderboek, My naam is Shudu: Ek vind my stem, ek ken my waarde, is nou op die rakke.
“Dit is ’n boek oor identiteit, dapperheid, vergifnis, vriendskappe, die krag van gemeenskap, maar bowenal die krag van jou stem,” vertel sy. “Dit beskryf die stryd waardeur ek geestelik gegaan het met my selfbeeld, selfbewustheid en die afknouery wat ek verduur…
