MEDITERREENSE SLAAI met KOUEVLEIS
GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 20 MIN.
◗ 30 ml (2 e) olyfolie◗ 1 knoffelhuisie, fyngedruk◗ 1 rooi-ui, in 8 wiggies gesny◗ 1 eiervrug, in wiggies gesny◗ 1 murgpampoentjie, in die lengte gehalveer◗ 1 rooi soetrissie, in kwarte gesny en saad verwyder◗ 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel◗ 400 g kouevleis, in repe gesny◗ 100 g gemengde slaaiblare◗ 3 middelslagroma-tamaties, elk in◗ 8 wiggies gesny
JOGURTSOUS
◗ 125 ml (½ k) natuur-like jogurt◗ 60 ml (¼ k) fyngekapte vars origanum◗ 30 ml (2 e) suurlemoensap◗ 5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil◗ sout en peper, na smaak
1 Meng die olie en knoffel in ’n klein bakkie. Verf die ui, eiervrug, murgpampoentjie en soetrissie met die knoffelolie.
2 Verhit ’n roosterplaat…
