BABAS BY DOSYNE!
Die ooievaar was vanjaar bitter bedrywig onder die bekendes. Vir sommige paartjies was daar dubbele vreugde met babas wat enkele maande uit mekaar gebore is.
CHRISSY TEIGEN (38) het in Januarie aan ’n dogter, Esti, geboorte gegee. En vyf maande later het sy en haar man, JOHN LEGEND (45) ’n seun, Wren, deur ’n surrogaat verwelkom.
PARIS HILTON (42) en haar man, CARTER REUM (42), het die surrogaat-reis met hul seun, Phoenix, en dogter, London, só privaat gehou, dat selfs nabye vriende en familie verras was toe hulle opdaag. Phoenix is in Januarie gebore, en London het in November haar opwagting gemaak.
NOG NUWE MENSIES
In Augustus het Serena Williams (42) en Alexis Ohanian (40) ’n tweede dogter, Adira River, verwelkom.
Rihanna (35) en A$AP Rocky (35)…
