AS ’N jong meisie het ek die stories verslind wat Huisgenoot oor die koninklikes geskryf het. Om dus as deel van my werk die kans te kry om hulle onder die vergrootglas te bekyk, is soos ’n droom wat waar geword het.
Hierdie vroue is meer as net koninklikes: hul vasbytvermoë, hul verstommende verhale en hul vasberadenheid om bo teenspoed uit te styg, maak hulle nóg boeiender.
In hierdie uitgawe fokus ons op die prinsesse en koninginne van Europa, Brittanje en die Ooste. Party is as koninklikes gebore, soos prinses Caroline van Monaco met haar tragiese liefdeslewe, en prinses Mako van Japan, wat haar koninklike titel vir die liefde verruil het.
Dan is daar die burgerlikes, soos Kate, prinses van Wallis, en ons eie prinses Charlene van Monaco, wat nie…
