MALCOLM MARX
Die Springbokheld en sy beeldskone vrou, KIRSTEN, is binnekort ’n gesin van vier. Kirsten, ’n dokter, verwag ’n seuntjie en hulle kan nie meer wag nie.
Die paartjie het einde verlede jaar die spesiale nuus op Instagram bekendgemaak met ’n foto van hul eenjarige dogtertjie, KENNA, met ’n swangerskaptoets in die hand en die woord “swanger” daarby. “Baba Marx. Ons kan absoluut nie meer vir jou wag nie, dierbare seun,” is die inskrywing.
Die egpaar verwag hul seuntjie in Junie vanjaar.
ERNS GRUNDLING
Die skrywer en TV-aanbieder het vroeg in die nuwe jaar aangekondig hy en sy vrou, CATHARIEN ROBBERTZE, word in April vir die eerste keer ouers. Boonop van identiese tweelingseuntjies!
“Ons is kinderlik opgewonde oor die tweeling se koms, maar die groot verandering en verantwoordelikheid wat…
