‘JULLE, ek is seker ek het nounet ’n vlieënde piering gesien,” sê Palawa die kameelperd opgewonde. Sy kyk deur ’n teleskoop by die Babbelboomhuis se venster uit.
“Wel, definitief een of ander vreemde vlieënde voorwerp,” sê sy.
“ ’n Wat?” vra Paloeka die leeu.
“ ’n VVV. ’n Vreemde vlieënde voorwerp. Iets ongewoon wat deur die lug gevlieg het,” sê Palawa.
“Mmm. Is jy seker dit was nie dalk ’n hadida nie?” vra Bibi.
“Bibi, ek weet darem hoe ’n hadida lyk,” sê Palawa.
“Trrr!” lui die televisieskerm hard.
“Kom ons luister eers na die videoboodskap, en dan probeer ons verder dink wat dit kon gewees het,” stel Bibi voor.
“Ja, dis ’n blink plan,” sê Paloeka.
“Die ding wat ek gesien het, was blink. Ek is seker daarvan,” sê…