OP 18 Februarie 1993 het Fritz von Erich, ’n legendariese rofstoeier en bemarker, op sy plaas in Denton County, Texas, op die lyk van sy seun Kerry von Erich afgekom.
Kerry (33) het teen ’n boom regop gesit. Hy het hom met sy pa se .44 deur die hart geskiet, ’n daad wat dekades later steeds by stoeiers spook. Wat dit nog meer ontstellend gemaak het, is dat Kerry die vyfde van Fritz se seuns was wat dood is, en die derde wat hul eie lewe geneem het.
“Pa het hom gekry. Hy het gesê hy het nog nooit so ’n vreedsame uitdrukking op Kerry se gesig gesien nie,” sê Kevin, die enigste oorlewende Von Erich- broer.
In die vroeë 1980’s was Kerry von Erich een van die grootste rofstoeisterre…
