‘JY HET DIE MAG OM TE BESLUIT WIE JY WIL WEES EN WAT JY IN JOU LEEFTYD WIL VERMAG’ DIE deelnemers aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie het deur die jare met verskillende voorkomste, liggaamsvorme, ouderdomme en persoonlikhede gekom.
Maar een ding het hulle feitlik almal in gemeen gehad: Hulle kon moeiteloos in swemdrag en aandrokke op die verhoog paradeer, hul bene lenig, hul treë lank, hul balans foutloos ten spyte van hul hoë hakke.
Maar Laura Wagner-Meyer wou die uitsondering wees.
Kyk ’n mens na ’n kop-en-skouers-video van Laura, sien jy aanvanklik niks wat verklaar hoekom dié deelnemer aan vanjaar se kompetisie mense aan die praat gehad het nie. Sy is ’n brunet met olyfkleurige vel, ’n breë glimlag en donker amandel-oë. ’n Klassieke skoonheid.
Maar zoom jy uit om haar…
