‘EK’T AL GENOEG UIT-GEGEE OM ’N LEKKER GROOT HUIS TE KOOP’ IN DIE popkultuur van vandag werk die trappe van vergelyking so: As jy ’n bietjie van iets hou, is jy ’n “fan”. As jy baie daarvan hou, is jy ’n “super fan”. En as jy mal in jou kop is, is jy Eric Jaskolka.
Dié man se X-Men-versameling is genoeg om, in sy eie woorde, “’n baie groot, baie luukse huis te koop!”
Eric, van Iowa City in Amerika, is die trotse eienaar van meer as 25 000 individuele X-Men-versamelaarsitems. Dit dek alles van nuwe en ou strokiesboeke, speelkaarte, rekenaarspeletjies, Halloween-kostuums, figuurtjies, juweliersware en veel, veel meer wat twee groot vertrekke van sy huis tjok-en-blok volstaan.
Sy versameling het aan dié 53-jarige in 2012 ’n wêreldrekord besorg vir die…