‘JY IS MEER AS EEN DING. OM JOUSELF UIT TE LEEF IN VERSKILLENDE FASETTE IS GOED VIR JOU SIEL’ AL KEN ons hom as die opgewekte stem wat jou soggens help om jou dag vrolik aan die gang te kry, is hy vandag van kop tot tone in swart geklee.
Dis Martin Bester se gunstelingkleur.
Sy oë skuil agter ’n sonbril, en hier, gekombineer met sy pikswart hare en baard, lyk hy pure rocker.
“Daar is ’n storie agter die swart,” lag hy toe hy Huisgenoot verwelkom in sy vierslaapkamerhuis in Irene, Pretoria.
As jy nou in sy kas moet instap, sal jy net ’n see van swart sien: baadjies, hemde, broeke en skoene. “Jy sien, ek is bietjie kleurblind, en as jy swart dra, veral op die verhoog, dan…