Nadat die Springbokke die Wêreldbeker in 2019 gewen het, het hy elke vertoning met sy liedjie “Ons vir jou, Suid-Afrika,” afgesluit, sê BOK VAN BLERK.
“Verlede jaar het hulle ons ’n guns gedoen en weer gewen, en nou kan ek vir die volgende vier jaar weer elke vertoning daarmee afsluit.”
Elke keer wanneer hy op die verhoog klim en hy sing ’n medley van sy ou treffers soos “Sing Afrikaner sing” of “Die kaplyn”, besef hy elke keer hoe lief hy dié land het, sê die sanger.
“Oukei, hier is nou wel ’n paar klein probleempies, soos potholes!”
Hy beskryf Innibos as die lekkerste fees in die land.
Dit was JANIE BAY se eerste Innibos-fees. Sy sou in 2020 ook hier opgetree het, maar toe is die fees weens covid…