VOORSORG
Kennisgewing in ’n kroeg: Dié van julle wat drink om te vergeet, moet asseblief vooruit betaal!
HESTER, NAMIBIË
WOLHAARSTORIE
Piet sit in ’n kroeg met ’n groot hond by sy voete.
“Byt jou hond?” vra Jan.
“Nee,” sê Piet.
“Haai, eina!” skree Jan. “Jy’t dan gesê jou hond byt nie.”
“Wel, dis nie my hond nie,” sê Piet.
WOLLIE, PRETORIA
RUGRYER
Ek het gehoor Coke gaan sy deure sluit. Maar ek het dit gesien kom, want hulle ry al jare lank op brandewyn se rug!
EMMIE, MOSSELBAAI
MIK TE HOOG
Pa: “Seun, hierdie keer verwag ek dat jy minstens 80%vir jou wiskunde-eksamen kry.”
Seun: “Nee, Pa, ek dink ek sal 100% kry.”
Pa: “Moenie met my grap nie!”
Seun: “Dis Pa wat die grap begin het!”
JOHANNA RADEMEYER
BESET…