DIS asof alles om hom net ’n oomblik lank stil word wanneer hy sy asem diep intrek en met sy aanloop begin.
Nog een, twee, drie, vier tree – en dan seil hy deur die lug.
Op, op, op… oor die dwarslat.
Die jong atleet kom orent en gooi sy arms omhoog. Hy gil.
En dan, wanneer hy afklim van die hoogspringmat in die Stade de France in Parys, soen hy die grond.
“The big South African has done it!” roep die kommentator.
Dis 2003, dis die Wêreld-atletiekkampioenskap in Frankryk, en hy is net 21 jaar oud.
Hy staan 2,04 m in sy sokkies, en hy’t pas op 2,35 m oor die lat gespring – hoog genoeg vir goud in die hoogspring, hoog genoeg om sy landgenote te laat glo…