Dis amper moeilik om te glo, maar op 25 spog die Amerikaanse rap-en popprinses Latto met 10 jaar se ervaring in die bedryf. “Seven”, haar duet verlede jaar saam met die Koreaanse sanger Jungkook, het daarvoor gesorg dat sy die trefferlyste klim, die Billboard Hot 100 ingesluit. Vandag skitter sy op vele verhoë met uitverkoopte vertonings en sy sê sy is honger vir nog.
“Ek soek meer,” vertel sy, en met die uitreiking van haar jongste liedjie, “Big Mama” (omslag regs), lyk dit asof sy bereid is om ook meer te gee vir haar derde album, Sugar Honey Iced Tea, wat later in Augustus uitgereik word. Tog belowe Latto, gebore Alyssa Michelle Stephens, sy gaan met die nuwe album terugkeer na haar wortels in die Suide van Amerika waar haar tuisstad,…
