IN DIE sneeubedekte strate van Ontario in Kanada word sy dalk nie meer voorgekeer en gevra waar haar stetoskoop is nie.
Trouens, daar is baie dinge wat die aktrise Ilne Benadie (voorheen Nienaber) hier mis, soos biltong, ’n braaivleisvuur en haar naastes.
Ilne, wat dr. Elana Bester in Binnelanders gespeel het, en haar gesin het Suid-Afrika drie jaar gelede vir Kanada verruil. En al het hulle daar ’n wonderlike lewe ingerig, verlang hulle dikwels terug. “Suid-Afrika is en bly maar net ’n pragtige land,” sê Ilne uit Kanada.
Dis in Suid-Afrika waar sy en haar man, Marco, 12 jaar gelede getroud is en waar hulle kinders, Hugo (11) en Mila (8), gebore is. Dis hier, by Pilanesberg, waar al haar mooiste kindertydherinneringe lê.
Maar Kanada is goed vir hulle, sê…