GLO ’n mens die wetenskap, is dit tegnies winter in Mauritius. Maar kyk jy so na foto’s van die omroeper RICKY SCHROEDER in die son, wil jy wraggies amper vra: Is dit dan hý wat die kwik so laat styg?
Ricky, saam met BREYTON PAULSE, JOHNNY DAVIDS, ALWYN HOLLENBACH, Herman Watney en Neels van Jaarsveld, vertel hy en die span van Ysters op die landgoed maak die beste van hulle dae in Tamarina, Anahita en Île aux Cerfs.
Die span bring lang ure op die gholfbaan deur, maar daar is mos altyd tyd vir snorkel en die strand waar die groep tuisgaan in die luukse Long Beach-oord.
Dis nes die vorige kere weer ’n wonderlike ervaring, sê Ricky, ook bekend vir sy rugbydae by die Southern Kings.
“Deur my rugbyloopbaan…
