DIS donkerhumorsnaaks, uiters vermaaklik en, anders as waarop die naam sinspeel, glad nie chaoties nie. Jy kan nie help om te kettingkyk nie, want so bisar as wat die gebeure is, so vasgenael is jy om te sien wat volgende gebeur.
En vat Kaos tog met ’n knippie sout en moet dit nie sien as lasterlik nie – dis immers net ’n storie oor die Griekse gode.
So, stel jou voor die Griekse gode was werklik, en die berg Olimpus bestaan. Dis waar Zeus (Jeff Goldblum) sy lyf rondgooi in sy swierige paleis, terwyl sy vrou (en sussie!), koningin Hera (Janet Mc-Teer), volgens hom sy trofee is – net daar vir sy plesier, soos almal anders.
En moenie die verteller, Prometheus (Stephen Dillane), vergeet nie. Jy gaan self moet kyk…