AS JY ’N NUWE KAR KOOP, SOEK ’N EKONOMIESE EEN
Dieselkarre met hul goeie krag teen lae enjintoere is brandstofdoeltreffend, terwyl nuwer klein petrolaangedrewe karre baie ekonomies is, veral in die stad.
Maar pasop, nie alle kleiner enjins is noodwendig die brandstofdoeltreffendste nie, meen die Automobiel-Assosiasie (AA). Soms maak tegnologie soos regstreekse brandstofinspuiting, turbo-aanjaers, laerolweerstandbande en meer ratte groter karre net so doeltreffend soos kleiner modelle.
Doen eers jou huiswerk voor jy ’n kar koop. ’n Handratvoertuig is danksy nuwe tegnologie nie noodwendig brandstofdoeltreffender as ’n outomatiese kar nie. Hibriedkarre wat met petrol sowel as elektriese krag aangedryf word, is besonder brandstofekonomies en het ook al bekostigbaarder geraak.
SORG SÓ VIR ’N DOELTREFFENDER KAR
◗ Versien jou kar Laat jou kar deeglik en gereeld versien, benadruk Layton Beard, woordvoerder van…