DIE donderweer raas in die uitspansel bokant die Vrystaatse vlaktes, maar dis nie die enigste ding wat vandag hier brom nie.
Brendan Peyper, sanger, boerseun en – so lees ’n mens die laaste ruk – ywerige soener van die verkeerde vroue, kom in sy Toyota Land Cruiser aangery.
Klim in, nooi hy.
Die nuuskierige gesiggies van twee Jack Russell-brakkies, Meisie en Trompie, loer ook uit die bakkie se binneruim. Sodra jy inklim, is Meisie op jou skoot en Trompie langs jou om jou gesig papnat te lek.
Waar sou hy dié streek geleer het?
“Hy steel ’n soentjie, nes sy pappa,” sê Brendan en glimlag ondeund.
Daardie onweerstaanbare glimlag, weet jy sommer dadelik, is een van die redes dat hy die laaste ruk so in die moeilikheid is.
Brendan is…
