VANDAG, OP 34, KEN SIMONÉ ’N HUIS VOL STEMME EN LAG IN ’N veldjie in Irene staan ’n dogtertjie in ’n pienk rokkie. Sy hou ’n perdeblom vas.
Haar bruin oë is donker, haar armpies nog sag.
“Blaas hom soos die wolf in Die drie varkies,” sê haar pa.
“With a huff, and a puff,” sê haar ma.
Harper Pretorius blaas saggies, en blaas dan weer.
Daar, daar, daar dwarrel die sagte wit vlieërtjies.
Harper lag, haar bruin oë blink.
Haar boetie, eenkant op hulle ma se skoot, haal sy fopspeen uit sy mond en waai vir sy sussie. Dan, plops, sit hy dit weer in sy mond en skop-skop met sy pokkelbeentjies na die lang gras.
Harper is drie, en James tien maande. Binnekort, in Mei, kry hulle nog…