’n Splinternuwe geanimeerde reeks wat in die wêrelde van gewilde videospeletjies afspeel, behoort aanhangers van dié speletjies groot plesier te verskaf.
Keanu Reeves, Arnold Schwarzenegger, Kevin Hart, Temuera Morrison en ander sterre verleen hulle stemme aan SECRET LEVEL, ’n tekenreeks vir volwassenes waarin 15 oorspronklike verhale in die wêrelde van videospeletjies afspeel.
Dis geskep deur die Deadpool-regisseur, Tim Miller, en die vervaardigers van die Netflix-reeks Love, Death & Robots en word beskryf as ’n ode aan videospeletjies en gamers.
In die eerste seisoen word titels soos Armored Core, Crossfire, Dungeons & Dragons, Exodus, Warhammer 40 000, ’n verskeidenheid PlayStation-speletjies, The Outer Worlds en Pac-Man verken.
›› SECRET LEVEL IS OP AMAZON PRIME.…