SOEK ’n bietjie Wouter Kellerman se musiek op as jy dit nog nie ken nie. Luister jy daarna, hoor jy Indiese dreunsang in ’n rare, eksotiese stem, sitarklanke wat jou aan Oosterse legendes laat dink, en natuurlik, Wouter se fluit.
Dis die soort musiek wat jou in jou gees wegvoer na ’n veraf land van rajas en fakirs, van tiere en koningkobras.
’n Mens is verras om uit te vind die man wat hierdie klanke skep, woon eintlik net hier in Randburg en het in die Goudstad grootgeword – ’n kêrel wat dit van tyd tot tyd selfs geniet om te sokkie.
Wouter is miskien nie ’n popster nie, maar hy’s beslis een van die suksesvolste Suid-Afrikaanse musikante.
Soos jy by sy huis instap, sien jy ’n see van goue…