GLENN CLOSE se dogter, ANNIE STARKE, het Internasionale Vrouedag gevier deur ’n spesiale foto weer te neem. Op die oorspronklike een sit Glenn, toe swanger, langs haar ma, Bettine Close, wat met liefde na haar dogter se ronde maag kyk. Op die nuwe foto, byna 40 jaar later, wys die swanger Annie (37) haar eie ronde magie op presies dieselfde manier, met haar beroemde ma, Glenn (77), wat met ’n glimlag na haar kyk. Die foto is geneem kort voor Annie in Februarie haar eerste kind, Rory, in die wêreld verwelkom het.
Toe RUMER WILLIS net sewe jaar oud was, het sy haar rolprentdebuut gemaak langs haar ma, DEMI MOORE, in die kultusfliek Striptease. Byna 30 jaar later is Rumer in dieselfde goue bikini afgeneem wat haar ma destyds in…
