PATAT-LATKES met BOKMELKKAAS, SPINASIE & EIER
GENOEG VIR 4 MENSE/BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN.
Latkes, gewoonlik van aartappel, vorm ’n lekker basis vir alles van eiers en hoender tot groente. As jy patats gebruik, bevat dit ook prebiotika wat die goeie bakterieë in jou liggaam voed – én dis heerlik.
◗ ’n spatsel witasyn◗ 4 groot eiers◗ 15 ml (1 e) ghee◗ 250 g Engelse spinasie, grofgekap◗ sap van ½ suurlemoen◗ sout en swartpeper, na smaak◗ brandrissiesous, vir voorsit◗ mikrokruie, vir garnering (opsioneel)
PATAT-LATKES
◗ 350 g patat (sowat 1 middelslag-patat)◗ ½ klein rooi-ui, in dun skywe gesny◗ sout en swartpeper◗ 1 groot eier, liggies geklits◗ ghee, vir braai
BOKMELKKAAS-ROOM
◗ 150 g sagte bokmelkkaas◗ 60 ml (¼ k) klapperroom◗ 22,5 ml (1½ e) vars uitgedrukte suurlemoensap◗ 1 klein knoffelhuisie,…
