HIER sit hy voor jou – bene gekruis, arms gevou. Hy’s 46, ’n man met ’n soort afwagting in sy oë. Sy kuif lê skuins agteroor, langs hom staan ’n beker louwarm koffie.
Wat wil jy weet? vra Hykie Berg, sy oë op skrefies. Klaarblyklik ook ’n man wat nie doekies omdraai nie.
Hoe’t sy oggend gelyk? Vanoggend, nes elke ander oggend, het begin met dieselfde ding waarmee al sy oggende begin, sê hy. ’n Soort mantra, ’n frase wat hom help om die draak in die donker te verslaan.
As hy eers wakker is, sê hy vir homself: “Net vir vandag gaan ek nie gebruik nie.”
Gebruik? Dagga, sê hy. Kokaïen. Heroïen. Crack. Drank. Mense. Noem op.
“Jy word wakker, en al wat jy kan doen, is om te…
