VLOEDGEVAAR
Dit het die laaste ruk so baie hier by ons gereën, al die diere het instinktief in pare begin rondloop!
Emmie, Mosselbaai
TERUGSKOUEND
Die vrou probeer ’n bietjie vonk in die huwelik terugsit: “Kom ons maak asof dit 15 jaar gelede is, ons is ongetroud, kinderloos en op ons eerste afspraak.”
Haar man dink vinnig en sê: “Ek’s jammer, dit gaan net nie werk nie!”
Johanna Rademeyer
KEUSES, KEUSES
Die manne kuier tot laataand in die kroeg.
“Sê my, Mike,” begin Kallie, “met wie van die meisies wat daar anderkant sit, sal jy die heel graagste in ’n hysbak vasgekeer wil wees?”
Mike, sonder om te huiwer: “Die een wat weet hoe om hysbakke reg te maak, natuurlik.”
Louise Noeth
AFGEDWAAL
“Ek hoop nie dit het Dominee ontstel toe…