1 BEELDSKOON BOHEEMS
Hierdie styl van ’n vrygees gaan oor vloeiende en valletjierige materiale, gemaklike en sagte silhoeëtte, en getekstureerde goue bykomstighede. Denim is nou ook gewild in hierdie styl.
WENK
Vir dié vrygeesstyl, dra denim saam met vloeiende lae en detail soos serpe en kant.
2 SWIERIGE SESTIGS
Die ’60’s-styl met sy minirokke, satyn-onderrokkies en skoon silhoeëtte maak ’n groot terugkeer. Vir bykomstighede, kies handsakke met ’n sterk struktuur, plat of Mary Janeskoene en glans-afwerkings.
WENK
Knope, borsspelde en ’n stukkie kunspels sal enige sexy ’60’s-voorkoms volmaak afrond.
3 COUNTRY
Dié styl behels gemaklike, praktiese klere, met die klem op denim en suède, kledingstukke in ’n Wilde Weste-styl en, natuurlik, cowboystewels!
’n Model geklee in net denim en leer se cowboystyl is in die kol by die Paryse Modeweek.…
