GROOT BLOKRAAI
NO 2603
KOMPETISIEVRAAG
Watter beroep is ter sprake?
As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Huisgenoot-Blokraaie.
WEN ’N BOEK VAN QUEILLERIE
PLUS KOM IN AANMERKING VIR DIE MAANDELIKSE TREKKING VAN R1 000.
Hierdie week wen een leser Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen (Queillerie, R320).
Geniet dié bundel vol vermaaklike reisstories uit die pen van 46 skrywers, onder wie Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.
Die skrywers vertel van ongewone gebeure op hul reise met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervarings verrykend.
Reis saam van Fraserburg totTimboektoe. Doen aan in Amerika,…
