KYK WAAR JY RY, MARELIZE!
Ses jaar gelede kon jy nie wegkom van die sêding “My f*k, Marelize” nie. ’n Ma se selfoonvideo van haar dogter wat op ’n fiets teen ’n rugbypaal vasry, was oral op sosiale media. Dis waar ons gedink het die storie sou eindig. Toe nie, want nou is daar ’n volwaardige speelfilm oor die storie agter Marelize en die res van die Horn-familie van Windhoek by vanjaar se Silwerskermfees.
WAAROOR DIE FLIEK GAAN
My f*k, Marelize! is ’n roerende familiestorie oor Heidi, ’n vasberade ma wat haar kanker vir haar familie wegsteek, en haar dogter Marelize, ’n ongeluksvoël, wat moet leer fietsry om ’n au pair in Nederland te word. En ja, die fliek is gegrond op die regte Marelize en haar familie.
In die…
