‘EK IS BEKOMMERD AS SY NIÉ MET ’N BLOUKOL BY DIE HUIS AANKOM NIE’ HIER’S vandag báie dinge om in vas te ry. My f*k, hier’s baie dinge.
Kameras. Akteurs. Gaste. Palmbome.
Dis die Cannes van Suid-Afrika, die fliekfees der fliekfeeste. Almal is hier, en hulle dra hulle mooiste klere. Kampsbaai se wit strand en golwe is op die agtergrond, The Bay Hotel op die voorgrond.
En Marelize Horn is weer op ’n fiets.
“Moenie ry nie, Marelize,” roep haar pa, Tiaan, senuweeagtig.
“Help, asseblief, kry haar op gelyke grond,” pleit haar ma, Heidi.
Haar sussie, Wilmari, lag net. Marelize kán mos nou fietsry. Sy’t mos geleer.
Daar in Windhoek, toe sy die dag op ’n sportveld so groot soos die Heer se genade reguit op die rugbypale afgepyl het,…
