WIE DE HEL IS JOHNNY JOUBERT?
DEUR DANA SNYMAN
Tafelberg, R245*
Soos die ondertitel, Notas van ’n rugbyliefhebber, lui, maak Dana Snyman in sy nuutste boek notas: oor sy eerste rugbybal (’n oue wat die vrou in die kerkkantoor vir hom by dok Craven “gebedel” het), sy eerste soen (haar naam was Elma), sy eerste rugbywedstryd (teen Douglas se onder 11’s), padkos saam met oom Frik du Preez en sy vrou, tannie Bes (’n bak broodjies), hoe verdrietig die Boet Erasmus-stadion lyk (die hoofpawiljoen het nie eens meer ’n dak nie), en nog tientalle ander – die een emosieryke vertelling ná die ander met die goue rugbydraad deur elkeen gevleg.
Tog skryf hy hy kyk ál minder rugby, dalk omdat daar nou te veel groot wedstryde gespeel word en hy…