BOERBONE
Per 100 g: 263 kilojoules, 3,3 g vesel, 4,7 g proteïen
Boerbone, ook bekend as favabone, bevat min kilojoules, maar baie magnesium, kalsium, yster en kalium, sê Sophie. Met 8,8 g koolhidrate en 4,7 g proteïen per 100 g, is hierdie bone stewig genoeg om ’n slaai daarom te bou, en dit sal jou langer versadig hou.
CANNELLINI-BONE
Per 100 g: 242 kilojoules, 7,6 g vesel, 4,6 g proteïen
Hierdie bone is soortgelyk aan boerbone, maar bevat meer vesel. Dit het ’n neutrale smaak en min kilojoules, wat dit ’n goeie basis vir doopsouse maak. Dit bevat ook baie foliensuur en yster.
BOTTERBONE
Per 100 g: 389 kilojoules, 7,1 g vesel, 7,4 g proteïen
Botterbone bevat minder voedingstowwe as ander soorte bone, sê Sophie, maar ’n 100 g-porsie sal…
