HANDWERK & LEEFSTYL
One ball of wool (DK, R198)
Met net een bol wol, katoen of sy kan jy enige van die magdom modieuse breien hekelpatrone in hierdie boek voltooi – van hoede, serpe, kopbande en handskoene tot sakke, speelgoed en bykomstighede soos mandjies en oorgooidekens. Omdat jy vir elke projek net een bol wol nodig het, en danksy die duidelike aanwysings én ’n spesiale seksie oor tegnieke, sal selfs beginners die projekte binne ’n paar uur kan kafdraf. Makliker kan dit nie.
Dekoratiewe kuns – Angie Franke en Monique Day-Wilde (Metz Press, R210)
Dié boek bevat die gewildste projekte uit Kitskuns, Slimkuns en Blitskuns en verduidelik tegnieke wat enigeen kan baasraak om oorspronklike kunswerke te skep. Leer hoe om op verskeie oppervlakke met van akriel- en olieverf tot kraakvuller,…