En net so, stadig maar seker, raak die lowergroen van somer ’n sagte pienk en oranje, geel, roes en koraal.
Soos die jaar aanbeweeg, kom daar ’n verandering in die lug. Dis asof die dolheid van die begin van die jaar taan so saam met die bome wat begin voorberei vir rus, vir winter. Die aanloop tot herfs is vir my soos die tydsame ritueel van ’n vrou wat gereed maak vir ’n nagrus, die opwinding en inspanning van die dag afwas, room aan haar vel smeer en die kokon van ’n snoesige japon om haar draai. In al haar koraal en pienk, roes en geel skakerings bring herfs vir ons ’n tyd vir refleksie, vir stiller word.
Met die sonoranje strate vol van die eens lowergroen blare herinner Moeder…
