IDEES VIR KLAPPERGESKENKIES
Bederf jou mense en vul hulle klappers met iets wat jy spesiaal uitgesoek het. Lekkers is natuurlik altyd welkom!
* Seuntjies: Plastiekdiertjies, albasters, klein boublokkies. * Dogtertjies: Legkaart, speelgrimering, speelkaarte. * Tieners: Lugtyd, tegnologie-geskenkbewys, film vir hul retro-kitskamera. * Vroue: Mini-naaldwerkstelletjie, spesiale tee of geursout, boekgeskenkbewys. * Mans: Koffie, oulike sokkies, klein multiwerktuig-mes, kampkopliggie of -flitsliggie.
KLAPPERS
Maak jou eie klapperpapier deur ’n blommotief op jou tafeldoek te skandeer en op wit A4-velle rekenaarpapier uit te druk, of gebruik ons papier met kruissteekrose op bladsy 101.
JY BENODIG
♥ A4-velle blompapier♥ wit materiaal van jou keuse♥ bypassende lint♥ alkantkleeflint♥ gomgeweer
SO MAAK JY
1 Vou elke vel blompapier in ’n keëlvorm, plak die kante met alkantkleeflint toe en sny die keël gelyk aan die bokant.
2 Knip…
