Dit is nie moeilik om te sien waarom hierdie huis in Johannesdal die argitek Henri Comri ’n toekenning van die Kaapse Instituut van Argitektuur in die sak gebring het nie. Die woning met sy witgekalkte mure, groot ruimtes, kaal baksteenwerk, industriële metaal, onbehandelde hout, kalksteen, glas en plafonne van rou beton maak ’n sterk Modernistiese stelling en is inderdaad geïnspireer deur die werk van die Switsers-Franse pionier van moderne argitektuur, Le Corbusier. Terselfdertyd voel dit glad nie uit plek in die landelike gebied of langs die meer tradisionele Kaapse argitektuur waarvoor die area bekend is nie.
Die mede-eienaar, Dane Erwee, beskryf dit as ’n kruising tussen ‘modern en plaashuis’ en verduidelik hy en sy lewensmaat, Chris Willemse, het hulle ‘iets wat nestel – ’n moderne buitekant met ’n plaashuis aan…
