GEROOSTERDE EIERVRUG MET TURKSE SALSA
Prik die skil van 4 eiervrugte met ‘n vurk. Vryf die eiervrugte met olyfolie en rooster dit vir 40 minute by 200 °C tot dit sag is. Haal dit uit die oond en laat dit afkoel. Kap die eiervrug grofweg en rond dit af met die Turkse salsa (resep hieronder). Geniet dit saam met brood, of sit dit voor as ‘n slaai.
TURKSE SALSA
Meng die volgende bestanddele saam in ‘n bak: 1 klein fyngekapte ui, 4 fyngekapte ryp tamaties, 1-2 fyngekapte brandrissies, 30 ml fyngekapte vars pietersielie, 30 ml fyngekapte vars koljanderblare, 15 ml suurlemoensap, 15 ml granaatmelasse, 15 ml tamatiepasta, 1 fyngedrukte knoffelhuisie, 30 ml olyfolie en 5 ml sumak. Geur dit na smaak met sout en nog sumak, as jy wil.
AARTAPPELSLAAI…
