Sy is lig, grasieus en vol onvoorwaardelike liefde, maar die pad wat Lynn Hill (54) van Kaapstad tot hier moes stap, was besaai met die gewelddadige trauma en hartseer van verkragting. Ten spyte daarvan, of miskien juis daarom, is sy vandag ’n onstuitbare vrou en inspireer sy talle wêreldwyd om op te staan, hulself af te stof en vol, liefdevolle lewens te lei.
Sy beskryf haarself as ’n wêreldbekende spreker, pryswennende outeur en digter, uitvoerende leierskap-entransformasie praktisyn, ’n inspirasierubriekskrywer en organisasie-ontwikkelingskonsultant wat spesialiseer in prestasie-endiversiteitsbe stuur.
Lynn is gebore in die hartjie van Kaapstad, maar sy en haar gesin moes noodgedwonge op die ouderdom van nege na Grassy Park op die Kaapse Vlakte verhuis weens die destydse apartheidsregime, vertel sy.
“Ek was ’n gelukkige kind, vol selfvertroue en vreugde. Maar…
