Dit voel soos ligjare gelede dat die Suidooster-aktrise Simone Biscombe vir die eerste keer alleen op Kuier se voorblad verskyn het. Sy was toe 33 en“die skaam ster van Suidooster,” maar die vrou met wie ons hierdie keer gesels, is ouer, wyser en eien die spasie wat sy betree.
Simone het ’n agtergrond in ballet en die grasie waarmee sy beweeg, kom waarskynlik daarvan af, maar die wysheid waarmee sy kan praat oor byna enige onderwerp onder die son, is omdat sy gesteld is daarop dat jy as mens konstant moet groei.
Op 37, op pad na 38, is daar min dinge wat Simone toelaat om haar vrede te versteur. Die minste van alles insecurities waarmee so baie vroue geneig is om te sukkel. Simone, ’n self-erkende introvert, beskou haarself…