As tiener het sy haar skoolloopbaan prysgegee omdat haar enkelma swaargetrek het ná haar pa se dood. En in Manenberg op die Kaapse Vlakte waar Charmaine Dunn (61) saam met haar tweelingsus, Sharon Muller, en broer, Heathcliff Brill (70), grootgeword het, het hulle geswerf en moes hulle telkemale van woonstelblok na woonstelblok verhuis.
Charmaine onthou hoe hulle daagliks moes koes wanneer daar gevegte tussen bendes sou uitbreek, wat oop en bloot met hul vuurwapens sou rondhardloop. Manenberg het intussen gevaarliker geword, meen sy, en as sy nou terugkyk, glo sy “dis net God se genadehand wat hulle deur die jare beskerm het”.
Met haar pa, Abraham Sing-Lee, se dood op 64 in 1970 moes haar ma, Jeanette, “charwerkies” doen om die pot aan die kook te hou. Smiddae wanneer hulle…