Mense, dis sulke tyd! Ons kry gereeld boodskappe van lesers wat wil weet: Wanneer hou Kuier weer ’n patsy? Wel, ons het goeie nuus! Kuier word in September 16 jaar oud en ons vier ons Sweet Sixteen met ’n lekke’ opskop – ons derde Kuier Lentedag!
Nou kyk, as jy nog nie ons Kuier Lentedag-events beleef het nie, is jy in vir ‘n treat. Vanjaar gaan ons groot. Daar is ’n nuwe venue en van die sterre van e.tv se daaglikse drama Kelders van Geheime kom ook weer inloer – en dié keer gaan hulle ook op die verhoog klim om van hul ander talente te kom wys.
Die talentvolle sangeres Talitha Luiters en ons Kuier Karaoke-wenner, Willem Joseph, gaan lesers kom vermaak, en ons skreeusnaakse MC van laas jaar,…
