GOGGA-KOS VIR MENSE
’nNuwestudietoondieeetbarestinkgoggaEncosternumdelegorguei (foto)bevatvoedingstowwenoodsaaklikvirdiemenslikedieet. DiewebbladSciDev. netberigdiéinsekkanmoontlikbydratotbetervoedselsekerheidvirdiegroeiendewêreldbevolking. Volgensdr. BaldwynTorto, een vandiewetenskaplikes, kaninsekte’nwaardevollevoedselbronweesin gemeenskappemetbeperktekosvoorraadenhoëvoorkomsvanwanvoeding. Diewetenskaplikesstelvoordat’ndatabasisvaneetbareinsekteopgestelwordomhulvoedingswaardeengesondheidsvoordeleteondersoekasookh eomhulleteteeleninkosteverwerk.
PLAASMISDAAD KRY AANDAG
Lt. genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiehoof, het verlede week op die radioprogramSpektrum gesê plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal is nou voorrangmisdade vir die polisie. Sy woordvoerder het aan die dagbladBeeld gesê meer hulpbronne gaan toegewys word om die polisie se landelike veiligheidsplan, wat reeds in werking gestel is, uit te voer. Die polisie gaan glo sigbaarder wees in landelike gebiede. Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het dié uitspraak verwelkom.
WARM, WARMER, WARMSTE
Verlede jaar was die warmste jaar in die geskiedenis. Altesame 13 van die 15 warmste jare sedert met rekordhouding begin is, was in die 21ste eeu. Die Potsdam-instituut vir klimaat-impakstudies het bevind die kans dat die aarde soveel…